Oond 180 gr C. Rooster 1 k klapper onder oondrooster tot ligbruin. Pasop vir brand. Koel klapper eenkant af. Gooi in mengbak: 2 k koekmeel, halwe t sout, 3 t bakpoeier. Klits saam in groot beker: 1 k melk, 1 eier, halwe k kookolie of gesmelte botter., halwe k suiker en 2 t vanilla geursel. Meng nat- en droeë bestandele bymekaar en roer die klapper in. Skep in gesmeerde, gevoerde broodpannetjie en bak vir 1 uur tot gaar. Koel af en bedien met konfyt en room. Jy kan klapper bo-oor rou broodjie sprinkel voor jy dit bak.

Advertisements