Oond 180 gr C. Klits saam: 2 groot eiers, 1 en halwe k suiker, 80 gr sagte botter en halwe t suurlemoen essens. Roer 2 k bruismeel om beurt, met 125 ml melk by eiermengsel en voeg halwe t sout by. Roer dan 1 suurlemoen se fyngerasperde skil en 2 suurlemoene se sap ook by. Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie en bak vir 45-60 minute tot gaar. Bak in middel van oond. Koel heeltemal af en maak versiersel van versiersuiker en suurlemoen sap, drup bo-oor.

Advertisements