Klits 2 eiers saam en voeg daarby: 45 ml olie, 80 ml gesmelte botter, 175 ml suiker. Klits goed deur en voeg 450 ml bruismeel en kwart t sout, 125 ml klapper en 250 ml gekapte neute [amandels/macadamia neute/okkerneute] by. Meng tot sagte deeg en bedek met skoon doekie. Laat vir 2 ure rus. Oond op 160 gr C. Deel deeg in twee en rol in worse en plaas op gesmeerde oondpan. Laat genoeg spasie tussen-in. Bak vir 25 minute tot ligbruin en ferm. Laat afkoel en sny in skuins stukkies met skerp mes, broodmes is reg. Pak op plat panne en droog uit in oond by 100 gr C. Koel af in oond en verpak in lugdigte houer.

Advertisements