Oond 180 gr C. Gooi 1 en halwe k kookwater oor 2 pakkies dadels, fyn gesny, sprinkel 2 t koeksoda oor en roer deur. Sit eenkant. Klits saam in mengbak: 4 E sagte margarine, 1 en halwe k suiker en 2 groot eiers. Roer 3 k bruismeel, halwe t sout en 1 t kremetart by, roer nou dadels by en skep in gevoerde, gesmeerde, medium brood pan. Bak 55-60 minute tot gaar. Laat afkoel en sny soos brood en eet met botter. Jy kan ook cherries en gekapte neute byvoeg.

Advertisements