Oond; 200 gr C. Sny hoender ruglangs oop en druk plat. Meng vlg en smeer oor hoender: sap en skil van 1 suurlemoen, sout na smaak, 2 E olyfolie en 1 E mosterdpoeier. Plaas in oondbak en bak vir 20 minute, draai oond af na 180 gr C. Meng 2 E mayonaise, 2 E heelkorrel mosterd en 2 E gekapte pietersielie. Smeer oor hoender en bak verder vir 45 – 50 minute tot gaar en bros. Bedien met slaai en groente van jou keuse.

Advertisements