Braai 1 kg beesstert stukke in olie tot goudbruin. Haal uit kastrol. Braai 1 uie in olie in kastrol. Meng saam: 1 E mosterd poeier, 1 E koekmeel, 2 t sout, 1 k lemoensap, 1 E suurlemoensap en 1 E worcestersous. Roer by uie in kastrol tot dikkerige sous. Gooi ‘n halwe k droeë sultanas by sous en plaas stukke beesstert terug in sous. Kook saggies tot vleis van been afval. Bedien met rys of kapokaartappels.

Advertisements