Oond 180 gr C. Klits 1 k peanutbotter met ‘n halwe k sagte botter, 2 k ligte bruin suiker en 3 eiers. Sif 2 en halwe k bruismeel en kwart t sout saam. Meng 1 en kwart k melk met 1 t koeksoda, 2 t vanilla essens. Meng droeë bestandele om beurt met melkmengsel by eiermengsel, roer 2 t asyn in beslag. Skep in gevoerde, gesmeerde oondpan, of 2 ronde panne. Bak vir 30-35 minute tot gaar. Koel af. Maak volg versiersel en smeer bo-oor of tussen twee lae en bo-oor. Smelt 2 E heuning en halwe k growwe peunutbotter, haal van stoof en roer 2 k versiersuiker, 2 t vanilla essens en 4-5 E melk by. As te slap, roer nog versiersel by. Sprinkel met gekapte neute as jy wil.