Neem 4 vark schnitzels, geur met geursout en druk alkant in mielieblom, dan in geklitste eier en dan in broodkrummels. Laat rus in yskas vir 10 minute. Bak tot goudbruin in vlak olie op medium hitte en drieneer op kombuispapier. Hou eenkant. Maak appelsmoor: Skil 4 granny smith appels en sny in blokkies. Verhit botter in pan en braai appel stukkies, fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen en 1 E suurlemoensap , sout en 2 t suiker tot sag en gaar. Skep saam met kapokaartappels en schnitzel op bord.

Advertisements