Maak kors van 1 pakkie Romany Creams, rol fyn en voeg 2-3 E gesmelte botter by, so klam soos seesand. Druk vas onder-in tertbak. Vulsel: Verhit 1 pak, 150 gr, malvalekkers saam met 250 ml melk. Roer oor hitte tot gesmelt, roer 200 gr donker sjokolade, in blokkies gebreek, by tot gesmelt. Laat afkoel. Klits 250 ml vars room styf en vou by sjokolade mengsel. Skep in tertkors. Rasper sjokolade oor of breek flake in stukkies bo-oor. Bedien met vars bessies of enige ander vrugte.

Advertisements