Maak beskuitjie kors van fyngerolde Tenniskoekies en gesmelte botter en druk onder-in en langs kante van glas tertbak. Maak vulsel: Klits 1 k room styf en roer 1 blik kondensmelk en 1 bakkie gladde maaskaas of roomkaas by. Roer 1 pakkie vanilla kitspoeding by. Jy kan ook caramel, sjokolade, of enige geur waarvan jy hou, by roer. Skep op kors en laat in yskas stol. Bedien met styf geklopte room as jy wil.