Oond 180 gr C. Voer oondpan uit met tinfoelie, blinkkant bo. Meng in groot mengbak vlg bestandele: 2 E soetrissie sous, 1 E Thai rooi kerrie pasta, 1 blikkie klapperroom, nie klappermelk nie, 1 E canola olie,1t sout. Meng deur met lepel en plaas 8 stukke hoenderdye daarin, meng sous goed met hoenderstukke en skep in oondpan, met sous en al. Gooi kersie tamaties bo-oor, so 2 hande vol. Bak vir 1 uur tot gaar. Sit onder oondrooster en bak mooi bruin voor opdien. Bedien met wit rys en koolslaai.

Advertisements