Oond 180 gr C. Klits saam: 60 gr sagte botter, 250 ml bruin suiker, 4 eiers en 1 t caramel geursel. Roer 1 k bruismeel en kwart t sout by. Breek paar stukke fudge, of halwe, klein pakkie caramel toffies en roer by deeg mengsel. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 25 minute. As gaar en uit oond, gooi vlg sous bo-oor: Smelt in kastrolletjie op stoof: 250 ml room en paar gebreekte stukkies fudge of orige caramel toffies. [Dis die sagte toffies, met riffeltjies, in boksie. Bedien met geklopte room.

Advertisements