Klits 3 eiers en voeg 1 blikkie, heel mielies, gedreineer, by. Voeg dan 125 ml bruismeel en kwart t sout by. Roer 1 k gekapte, gaar ham of gebraaide bacon stukkies by. Kap ook paar gras uie-stingels fyner en voeg by, as jy wil. Meng deur en bak eetlepels-vol in vlak, medium warm olie, [soos pampoenkoekies]. As goudbruin en gaar, skep uit en plaas op kombuispapier. Bedien met ligte slaai. Dit is ook ideaal vir kosblikke.

Advertisements