Bring tot kookpunt in kastrol; 2 k melk, 375 ml room. 2 t vanilla geursel en knippie sout. Klits saam in mengbak; 6 eiers en 125 ml suiker. Roer kokende melk mengsel stadig by eiermengsel terwyl jy roer. Voeg 1 k Amarula likeur by. Hou eenkant. Smeer 6 snye witbrood met botter en dun appelkooskonfyt. Sny in drie hoekies en pak in diep oondbak, sprinkel handvol sultanas oor en gooi room mengsel bo-oor. Druk plat met lepel sodat alle brood nat is. Laat 10 minute staan. Skakel oond op 180 gr C en bak poeding tot goudbruin vir 40-50 minute. Bedien met roomys of vars gemaakte vla.

Advertisements