Neem 8 stukke skaap kookvleis [soos nek of blad stukke] Rol in gegeurde meel. Skil 3 aartappels en 3 wortels en sny in stukkies, skil ook 3 uie en sny in ringe. Plaas vleis onderin prutpot en pak groente bo-op en langs kante. strooi orige gegeurde meel bo-oor en pak 3 gesnyde ryp tamaties bo-op. Meng vlg sous en gooi bo-oor: 100 ml blatjang, 50 ml tamatiesous en 200 ml warm water. sprinkel sout en peper oor en plaas deksel op prutpot. Stel op "Low" vir 7 ure. Bedien op wit rys.