Braai lamsboud bruin in olie, in groot kastrol op stoof. Skil 4-5 aartappels en sny in wiggies, pak onderin prutpot, ook 2 knoffel huisies. Sit lamsboud bo-op en plaas nog 2 knoffelhuisies bo-op en ook takkies roosmaryn. Gooi 1 en half t sout oor. Gooi 1 glas rooiwyn bo-oor. Maak bo-oor toe met tinfoelie en plaas deksel van prutpot op. Stel prutpot op "Low" en laat vir 6-8 ure staan. Haal versigtig ui en ook die aartappels. Gooi sous uit in kastrol en maak dikker met maizena, kook deur. Bedien met rys en soet groente.