Sny 1 groen rissie in stukkies en 1 ui in ringe. Pak dan 10 hoenderstukke om beurt met rissie en uie in casserol. Strooi 1 k rou rys en 1 k rou lensies bo-oor. Strooi 2 E fyn Breyani speserye en 1 E Breyani mengsel bo-oor. Bedek met water. Sit deksel bo-op en sit in voor verhitte oond, 180 gr C, vir 1-1 en half uur tot gaar. Bedien met slaai.

Advertisements