Oond 180 gr C. Voer en spuit ‘n vierkantige koekpan. In mengbak: Klits 4 eiers, 1 k suiker en 2 en ‘n half t stroop tot bleek en dik. Sif 1 en ‘n kwart k koekmeel, 2 t bakpoeier 2 t fyn kaneel en kwart t sout. Roer halwe k koue melk by eiermengsel en dan die meelmengsel. Roer 1 k gaar appel stukkies by. Skep in koekpan en bak vir 35 minute tot gaar. Bedien net so met room, of sny koek horisontaal deur en vul met geklopte room, gemeng met moerbei konfyt.

Advertisements