Roer alles saam in mengbak: 1 en driekwart k suiker, 1 k bruismeel, half koppie gesmelte botter 4 groot geklitste eiers, derde k kakao poeier, 2 t kits koffie poeier, 1 t fyn kaneel, half t sout en 2 t vanilla geursel. As deeg baie styf, roer 2 E melk by. Skep deeg in gesmeerde prutpot en maak toe. Laat vir 2 tot 2 en half ure op "Low". As gaar, sal dit nog sag wees in middel. Laat nog 30 minute toe staan na jy die pot afgeskakel het. Bedien met sjokoladesous, vla of roomys.