Smelt 200 gr plak sjokolade blokkies met 20 ml sterk, swart koffie en 1 E botter op lae hitte. Haal van hitte af. Klits 4 eiergele een-een by. Klits goed deur. Roer 1t vanilla geursel by. Koel af tot begin stol. Klits 4 eierwitte styf en voeg 6 E strooisuiker geleidelik by terwyl jy klits. Vou eierwit mengsel goed in sjokolade mengsel. Skep in mooi glasbakkies of glasies. Versier met geklopte room en cherries.

Advertisements