Oond 180 gr C. Meng vlg saam: 2 E soet rissiesous, 2 E rooi Thai kerrie pasta, halwe k klapper room en 1 E canola olie. Strooi liggies sout oor 8 hoenderstukke en bedek hoender in sous. Plaas in oondvaste bak, uitgevoer met tinfoelie. Gooi kersie tamaties rondom hoenderstukke en bak vir 30 minute tot gaar. Skakel oond rooster aan en bak tot goudbruin, so 4-5 minute. Bedien met rys en groente.

Advertisements