Oond 200 gr C. Droë bestandele in mengbak: 1 k koekmeel, 1 k volkoring meel of nuttywheat meel, 1 t sout, 4 t bakpoeier, 1 t droë mosterdpoeier, 1 en halwe k gerasperde kaas. Klits saam in beker: 2 eiers, 80 ml kookolie en 80 ml lou water. Roer nat bestandele by droë bestandele. Skep lepelsvol op gesmeerde bakplaat, of rol in ronde bolletjies. Bak vir 20 minute tot gaar.

Advertisements