Oond 180 gr C. Verhit 125 ml melk en 3 E kakaopoeier, roer al die klonte uit en voeg halwe k sonneblom olie by. Koel eenkant af. Klits saam in mengbak: 4 eiers, 1 k suiker,1 t vanilla geursel tot dik en ligeel. Sif 450 ml bruismeel en kwart t sout en roer by eier mengsel. Roer melk mengsel by en skep 1 lepel vol deeg in muffin pan, uitgevoer met papier houers wat gespuit is. Druk 1 rolo lekker in middel van deeg in papierhouer. Skep nog deeg oor. Bak vir 20 – 25 minute tot gaar. Versier soos verkies.