Oond 180 gr C. Kook 1 pak pasta, skulpies, skroewe of gewone macaroni, en dreineer. Voeg 2 blikkies gedreineerde tuna by en 1 blik gedreineerde sampioen stukkies, 1 gekapte klein ui en 1 groot pak, fyngedrukte kaas en uie chips, roer halwe k gerasperde kaas by. Klits 1 k room en 4 groot eiers saam, voeg sout en peper na smaak by en vou in mengsel. Skep in groot, diep oondbak en strooi halwe k gerasperde kaas bo-oor, kaas kan om helfte cheddar en mozarella kaas wees. Bak vir 40 minute tot gaar.

Advertisements