Oond 180 gr C. Klits saam; 1 eier en 125 ml suiker tot liggeel, voeg dan 1 E appelkooskonfyt by en klits deur. Voeg 250 ml Bruismeel en kwart t sout by. Los 1 t koeksoda op in 180 ml lou melk, roer by deegmengsel en roer 3 t asyn by. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Gooi vlg sous bo-oor gaar poeding sodra uit oond. Sous; Kook saam: 1 k suiker, 1 k room, halwe k kookwater, 1 E margarine en knippie sout. Haal van plaat en roer 1 t karamel geursel by. Gooi oor warm, gaar poeding. Bedien met vla of roomys.

Advertisements