Oond 180 gr C. Verhit 125 ml melk en 1 en halwe E botter. Klits saam: 2 groot eiers en 125 ml suiker. Sif 1 k koekmeel en 2 t bakpoeier, kwart t sout saam. Vou in eiermengsel en roer melk en botter mengsel by. Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 minute tot gaar. Gooi volgende sous bo-oor sodra tert uit oond kom: Smelt 2 hoog vol E margarine of botter, 2 E Marmite in mikrogolf oond. Sprinkel fyn gerasperde kaas bo-oor solank tert nog warm is. Bedien dadelik.

Advertisements