Rasper buiteskil van lemoene af, oranje moet nog wys. Vryf elke lemoen met sout in en laat staan vir 20 minute. Spoel goed af in vergietes. Sny Lemoene in halwes of kwarte en kook in water tot skil so sag is dat jy ‘n vuurhoutjie in skil kan druk. Haal lemoene uit en plaas eenkant. Meet stroop af: vir elke kg lemoene, meet 1,25 kg suiker en 2,5 L water, die water waarin jy lemoene sag gekook het, en 1 E suurlemoensap. Kook stroop deur en plaas lemoen stukke daarin en kook tot stroperig en blink. Skep stukke in gesteriliserde bottels en vul op met stroop. Laat heeltemal afkoel en draai dan toe.