Oond 190 gr C. Neem 4 ontbeende, halwe hoender borsies en geur na smaak, hoenderspeserye, sout. Meng 1 k karringmelk en 1 geklitste eier in ‘n bak en meng 1 k meel, 1 t paprika en kwart t rooipeper in ander bak. Doop hoender in karringmelk mengsel, dan in meel mengsel. Bak in pan met medium hitte olie tot bruin alkant. Sit hoender in oondbak en bak verder in oond vir 5 -10 minute. Sit voor met gebakte aartappels en ertjies.