Maak koekie-kors van Tenniskoekies, fyn gerol, gemeng met 4 E gesmelte botter, en druk vas onder-in tertbak. Maak 1 pakkie grenadilla jellie aan met 1 k kookwater. Moenie stol. Meng 1 blikkie kondensmelk met 1 blikkie fyn pynappel. Roer jellie by en skep in tertkors. Gooi 1 blikkie grenadilla moes in kastrolletjie en maak warm, roer 1 t Mielieblom [maizena], gemeng met bietjie water, by en roer tot dik. Koel af en gooi versigtig bo-oor tert. Plaas in yskas om te stol.