Oond 180 gr C.

Meng saam in groot bak: 1 blik Boeliebeef, 1 pak spek, in stukkies geknip, 1 blik sampioene, dreineer, 1 E droeë pietersielie, 1 klein gerasperde ui, 1 t mosterdpoeier, 1 k gerasperde kaas. Klits saam: 3 eiers, 1 k melk en 1 E koekmeel, sout en peper na smaak. Meng 2 mengsels bymekaar en skep in diep gesmeerde tertbak. Bak vir driekwart uur tot gaar.