Sny 2 lemoene se skil in repies. Verhit 60 ml lemoensap en 60 ml water, knippie sout en 1 k suiker. Roer tot suiker opgelos en kook saggies op medium hitte, voeg lemoenskil by. en kook 20 minute tot stroperig. Skep met gaatjies lepel uit en koel af . Sprinkel met suiker. Jy kan suurlemoen skil ook op dieselfde manier maak. Gebruik as versiering op lemoenkoek, of geniet net so.

Advertisements