Oond 180 gr C. Kook 1-2 kg patat gaar in sout water. Koel effe af en trek skil as. Pak lae patat in oondbak met volg sous tussen-in. Sous: Roer bymekaar in kastrol: 375 ml bruin suiker, 375 ml water, 1 klont botter, halwe t karamel geursel, 2 E karamel kits poeding en knippie sout. As sous te dun, roer 1 t maizena, opgelos in bietjie water by. Roer op warm plaat tot kook en dik. Bak in oond vir 30 minute tot goudbruin.

Advertisements